Sologamis herdenk “huwelik” by leeukuil
Sy het die dieretuin se leeukuil gekies as die plek waar sy vanjaar haar troubeloftes aan haarself hernu het.
VANDERBIJLPARK. – Die bekende Vaaldriehoekse sologamis Rita Woodall-Terblanche het in 2019 die land aan die gons gehad toe sy met haarself in die huwelik getree het.
Rita hernu elke jaar sedert die troue haar troubeloftes aan haarself.
Sy het vanjaar die Animal World-dieretuin by die Emerald Casino gekies om die jaarlikse seremonie te hou.
Op ‘n houtbruggie bo die leeukuil het Rita trou aan haarself gesweer.
“Hiermee belowe ek, Rita Woodall-Terblanche, dat ek sal voortgaan op my pad van selfliefde. Ek het so baie geleer in hierdie afgelope drie jaar. Ek het geleer dat ‘n mens net jouself kan liefhê en kan respekteer as jy ander mense om jou kan leer om hulself lief te hê en hulself te respekteer.”
Rita sê sy werk nog steeds aan selfvergifnis.
Rita vertel dat 2022 ‘n uitdagende jaar vir haar was. Sy was in April baie siek en was vier jaar in ‘n rolstoel.
Sy het die mense wat vir haar gebid het en haar deurgedra het bedank.

