Local newsNews

Zander van Wyk sing ‘Bring Die Reën’ ten bate van boere se droogte-hulpfonds

"Die Impak Wat Die Droogte Op Ons Boere Het Is Onsettend Groot. Dit Het ‘N Direkte Effek Op Hulle Lewens, Hul Gesinne, Boerderye - En Op Die Ou End, Op My En Jou."

Selfs al is hulle gemoedere laag, hou hulle hul koppe hoog en staan sterk in hul geloof.  Elke oggend nog voor die hane kraai is die boere uit en reg om die dag aan te pak, met of sonder ‘n wolkie in die lug wat hoop bring vir ‘n druppeltjie reën.

Hierdie lied se woorde het as ‘n teken van hoop aan Zander van Wyk verskyn, een dag toe hy op die pad in sy motor  tussen Kroonstad en Parys ry.

“Hierdie lied lê my baie na aan die hart”, sê Zander.  “ek glo en weet die liedjie dra krag”.

Zander het hierdie lied geskryf vir die boere en hy skenk 10% van al die opbrengse wat hierdie snit genereer, direk aan die boere en Droogte Hulp Fonds.

“Mag onse Vader ieder en elke boer seën, dankie vir wat julle vir ons doen.  Sonder julle sal ons nie kan voortbestaan nie.”

 

Bring die reën is nou beskikbaar op alle digitale platforms. https://ZandervanWyk.lnk.to/BringDieReenMB

 

Kunstenaar: Lied: ISRC: Publisher: Composer:
Zander van Wyk Bring die Reën ZA-FQQ-21-00005 SAMRO Ernie Bates & Zander van Wyk

 

Vir meer inligting en onderhoude kontak:

tania@tfpromosies.co.za 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button