Local newsNews

Vaaldriehoek-egpaar gewelddadig op plaas aangeval

Die Polisie se forensiese afdeling is tans op die toneel

Vaalweekblad verneem dat ‘n gewelddadige plaasaanval vanmiddag (19 November 2022) omstreeks 13:30 op ‘n egpaar in die Vlakplaas-gebied aan die R54-roete, uitgevoer is. Die egpaar is in die omgewing van 70 jaar oud.

Die polisie se forensiese afdeling is tans op die toneel om alle moontlike leidrade op te volg.

Volgens ‘n buurman van die egpaar is misdaad in die omgewing baie skaars, maar daar was die afgelope dae skielik verskeie voorvalle van inbrake by plase in die omgewing terwyl inwoners nie tuis was nie.

Hierdie is ‘ n ontwikkelende berig. Ons gee later meer feite soos wat nog inligting beskikbaar word.

Die rooi pyl dui die gebied aan waar die plaasaanval van middag uitgevoer is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button