AdvertorialLocal newsMotoringNews

Goeie nuus vir alle veteraanmotor-geesdriftiges!

Dagboek solank 10 Desember 2022 vir hierdie lekker byeenkoms!

Almal wat hou van klassieke karre en outydse motors word hartlik uitgenooi na die Vintage & Classic Car Show wat by Karwas en Boeretroos in Vanderbijlpark aangebied gaan word.
Dit gaan by die Stephanopark Sentrum op die R42 gehou word.
Daar gaan die dag lekker saamgekuier word en besoekers sal heerlike eet- en drinkgoed kan koop. Daar is lekker speelplek vir kinders en goeie musiek gaan ook heeldag verskaf word.
Buiten die karuitstallings gaan daar ook stalletjies met oulike geskenkidees vir Kersfees wees.
Daar is nog uitstalruimtes beskikbaar en alle uitstallers is welkom om van hulle te laat hoor. Kontak 082 535 7437 of 076 764 1310 vir meer inligting hieroor of om ‘n stalletjie te bespreek.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button