Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Die Vaalweekblad is weer van Woensdag, 23 November te koop. Kyk hier wat jul te wagte kan wees.

Die Springbokke het gewen, die damme is vol en ons is almal vies vir Charlize Theron. Daar som ek gou my rubriek, Ek sê maar net vir jul op.

Ons kuier ook hierdie week in Vaalweekblad by Vanderbijlpark se mondskilder, Eric Theron en gaan maak ‘n draai by Mrs CSAP, Lettie Botha.

Lees ook meer oor een van die Vaal se beroemdste waterverf skilders, Juliana Paton wat 70 jaar in die Vaal gewoon en gewerk het.

Natuurlik is daar ook weer kompetisies, harde nuus en pragtige foto’s te sien in die Vaalweekblad wat weer vanaf 23 November op die rakke sal wees. Ek kan net nie daaroor uitbrei nie, want ek het dit nie geskryf ne.

Mag jul ‘n goeie week hê.

Groetnis van huis tot huis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button