Local newsNews
Kom stap Saterdag saam met jou woef by die Mighty Dog-o-Thon!
Die stap begin die oggend om 08:00 deur die pragtige kwekery in Ravelstraat 82, Vanderbijlpark (oorkant Kompas-kerk).

VANDERBIJLPARK. – Alle honde-eienaars word uitgenooi om op 26 November saam met hul honde aan Mighty Grow Kwekery en Mighty Coffee se Dog-o-Thon deel te neem.
Toegang is enige hondekos, wat agterna aan Vaalpets oorhandig sal word.
Die stap begin die oggend om 08:00 deur die pragtige kwekery in Ravelstraat 82, Vanderbijlpark (oorkant Kompas-kerk).
Verskeie gelukstrekkings sal na afloop van die stap gedoen word. Water sal vir die honde verskaf word en hul eienaars kan gerus bly om lekker kos en drinkgoed in die ten volle gelisensieerde koffiewinkel te bestel.
Nadere besonderhede is beskikbaar by Danie by 082 894 0136.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
