Ouboet van talentvolle West-Familie reik uiteindelik sy eerste enkelsnit uit
Hy glo in betekenisvolle musiek en maak seker dat hy deur sy skryfstyl sterk boodskappe oordra, wat gebaseer is op onderwerpe soos vergifnis en geloof, asook sy gunstelinge, liefde en hoop.

Met Van West se heel eerste vuurwarm enkelsnit “Vuur en vlam”, skop hy af met ‘n “jol” vanaf sy opkomende musiek projekte.
Jy kan verseker wees om ‘n plesierige tyd te hê, met jou vleisie op die kole, jou geliefde aan jou sy, en ‘n “speaker” wat “V uur en vlam” lekker hard speel.
Van West (gebore November 11, 1994), ook bekend as die “Ouboet” van die musikale West-familie, is ‘n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en jong gedrewe sakeman. Hy kom van die klein dorpie Swartruggens in die NoordWes Provinsie, en woon tans in Johannesburg.
Van jongs af droom Van West om eendag voltyds musiek te maak omdat dit sy passie is, maar dit het tyd gevat om dit ‘n werklikheid te kon maak. Hy verstaan vandag eers dat die Here ‘n groter plan in gedagte gehad het en hom eers moes voorberei. Vir die laaste 10 jaar van sy lewe het hy ‘n pad gestap waar sy kennis van die sakewêreld gegroei het en sy sakevermoëns en vaardighede ontwikkel het, soveel so dat hy vandag ‘n groter verskil kan maak in die mense se lewens met wie hy ‘n pad stap. Hy het ‘n droom om hulle ook te bemagtig, om hul eie drome ook te kan uitleef.
“Ek was geseënd om uiteindelik in 2021 my voltydse musiekloopbaan te kon begin. En hier is ons nou, een jaar verder, en als het uiteindelik afgeskop! ‘Van West’ is nie net een man nie, ek wil graag terugsaai in almal se lewens wat saam met my die pad stap, en hulle ook help om hulle ideale te bereik,” verduidelik West.
Hy glo in betekenisvolle musiek en maak seker dat hy deur sy skryfstyl sterk boodskappe oordra, wat gebaseer is op onderwerpe soos vergifnis en geloof, asook sy gunstelinge, liefde en hoop.
“As ek kon, het ek albums en albums vol geskryf alleenlik oor liefde, omdat dit so mooi is, maar ons lewe in ‘n wêreld waar ware liefde skaars is as gevolg van die tekort aan vergifnis, geloof en hoop,” verduidelik hy.
Hy geniet dit om homself in die Afrikaanse musiekbedryf uit te leef en sien dit as ‘n opwindende uitdaging om deur musiekproduksie, liedjies so te bou dat almal daarvan kan hou – van die ervaringsryke ouer garde tot die moderne jongmens.
Een ding is duidelik, hierdie man het ‘n visie wat met dryfkrag gepaard gaan omdat hy weet waar sy krag vandaan kom.
Hier is die skakel na sy musiek video:
| Sanger | Lied | Skrywer | ISRC | Publisher |
| VAN WEST | VUUR EN VLAM | VAN WEST | UKXN22263709 | SAMRO |
Vir meer inligting of onderhoude kontak:
Tania Fourie
tania@tfpromosies.co.za
