Local newsNews

Plaaslike tiener gekies om aan gesogte program in VSA deel te neem

Die 14-jarige Cathy, 'n leerling van die Hoërskool Overvaal, het reeds van 11-jarige ouderdom af, toe sy nog 'n  leerling van die Laerskool Vryheidsmonument was, elke jaar uitmuntend by Talent Africa se nasionale byeenkomste presteer.

VEREENIGING. – ‘n Lewenslustige tiener van Vereeniging, Cathy van Staden, het pas verneem dat sy deur die wêreldbekende talentsoekers, Karen Wagner en Robert Iovanna van die Wisp Performing Arts Initiative, gekies is om in 2023 aan ‘n prestige opleidingsessie in Amerika deel te neem.

Dit volg nadat Cathy uitmuntend presteer het tydens Talent Africa se nasionale kampioenskappe waar deelnemers in totaal 3 000 optredes aangebied het. Uit dié groep is slegs 12 deelnemers geïdentifiseer om die WISP Performing Arts Industry Bootcamp in April 2023 in Amerika by te woon.

Cathy het tydens Talent Africa se nasionale byeenkoms onder andere met vyf diamanttoekennings, drie platinum- en 10 goue medaljes weggestap. Sy het ook die gesogte Five Year Award, die Top 10 Models-, Top 10 Actor-, en die Tripple Thread-toekenning verwerf.

Die 14-jarige Cathy, ‘n leerling van die Hoërskool Overvaal, het reeds van 11-jarige ouderdom af, toe sy nog ‘n  leerling van die Laerskool Vryheidsmonument was, elke jaar uitmuntend by Talent Africa se nasionale byeenkomste presteer.

“Om gekies te word om aan die Wisp-opleiding in Amerika te gaan deelneem, is ‘n eenmaal-in-‘n-leeftyd geleentheid en iets waaroor elke jong kunstenaar droom. Ons wil dit so graag ‘n werklikheid vir Cathy maak, maar ongelukkig het haar oupa en ek nie die geld om haar te stuur nie,” sê haar ouma, mev. Rina van Staden van Vereeniging, by wie sy woon.

Die egpaar hoop dat hulle borgskappe uit die gemeenskap sal kan kry om Cathy se droom om aanstaande jaar na Amerika te reis, moontlik te maak. Enigiemand wat graag ‘n bydrae wil maak, kan mev. Van Staden by 064 168 2275 of e-pos adres: rinavs5@hotmail.com kontak.

 

FOTO’S: Cathy van Staden, ‘n leerling van die Hoërskool Overvaal, is een van slegs 12 mense uit Suid-Afrika wat gekies is om aanstaande jaar aan die Wisp Performing Arts Initiative se opleidingsessies in Amerika te gaan deelneem.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button