Local newsNews

Met klein lego-blokkies word die groot geheel gebou!

Midvaal Raadsheer Phil Pretorius gee sy weeklikse mening oor munisipale sake in die Hoofsweep Rapport

Deur Phil C. Pretorius, Raadsheer en Hoofsweep, Midvaal Munisipaliteit, skryf:

Die media het ontplof van al die politieke aktiwiteite die afgelope week. Die Demokrate en Republikeine gee mekaar gas in die VSA en Trump maak weer amok op elke moontlike kanaal. Putin ontrek troepe en val dan weer aan uit ander hoeke. Missiele val op NAVO-lande en gemoedere loop hoog. Die nuwe VK-Eersteminister probeer skadebeheer toepas terwyl Biden en Xi Jinping mekaar in die oë kyk oor ‘n moontlike derde wêreldoorlog. Intussen probeer President Ramaphosa die COP 27 leiers oortuig vir meer donasies en minder lenings om ons energiekrisis te probeer beredder.

Tussen al hierdie chaos wat ons so desensiteer verskyn ‘n sagte musiek-insetsel op CNN se GOING GREEN program genaamd: Save the Bees. Mens wil half sug en frons en vra: “Regtig? Ons is besig met belangrike dinge hier! Is dit nou nodig? Bye?”

Raina Jain is die stigter van HiveGuard wat die Verroa-myte op bye uitwis. Raina het die HiveGurad ontwerp deur ‘n 3D gedrukte ingang vir bye na die byekorf te maak met klein gaaitjies en ‘n “mesh” wat met ‘n insekdoder behandel word. Wanneer die bye dan deur die gaaitjies kruip in hul korf in, smeer die insekdoder af op hul lyfies en maak die myte dood. Dit is so eenvoudig, so simpel en fundamenteel, maar die impak is so fenominaal en invloedryk. Die navorsing wat Raina gedoen het dui aan dat meer as 75% van die wêreld se gewasse staatmaak op bestuiwers waarvan bye die belangrikste is. Die impak op die hele voedselketting vir mens en dier is dus voor die hand liggend.

Raina beweer hierdie idee van haar het begin met haar opvoeding. Haar ouers het hulle grootgemaak om selfs die miere uit die huis te neem en nie dood te maak nie. Dit beteken dat die kleinste eenhede (legoblokkies) belangrik is om die geheel te bou.

Vir plaaslike regering is die boodskap dat die huis en die ouers en die kultuur en die waardes van fundamentele belang is vir die groter geheel: aldus die inwoners. Elke klein blokkie moet saamstaan om die muur te bou. Die regte teer met die regte tegniek op die regte tyd in die regte gat. Die regte gloeilamp op die regte tyd in die regte lamppaal. Die regte chemikalieë in die water vir die regte pyp wat die water na jou huis lei. Die regte kabel of transformator deur die regte personeel bestel en deur die regte personeel geïnstalleer, aangeskakel en onderhou.

Daar is egter altyd die een geel (of groen of rooi) legoblokkie wat uitstaan wanneer dit verkeerdelik in die blou (bloot vir vergelyking) muur ingebou is en word baie maklik uitgewys deur die opposisie en media. Dit gebeur. Verwys byvoorbeeld die publieke rassevoorval in Meyerton onlangs en die opvolgende optog van die ANC na die Midvaal Munisipaliteit met ‘n memorandum dat dit deur die burgemeester stopgesit word. Behalwe dat die DA aangekla word met die rassisme van ‘n privaatinwoner in ‘n totaal onverwante publieke area, word die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit bevraagteken oor wat hulle doen om persoonlike rassisme te stop.

Maar ons moet ons Midvaal-trokkie op die pad hou, die geheelbeeld in oog hou, die groter kleur van die muur sien en aanhou bou. Die bye is belangrik.

Midvaal groete, Ph!l.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button