Local newsNews

Die Vaalrivier het al in 1917 oorstroom

Vereeniging het al verskeie ernstige oorstromings beleef, maar die een in 1917 was glo besonder erg.

Mnr. Norman Paton, nou reeds oorlede, het in die 1970s aan Vaalweekblad vertel van die eerste groot vloed wat inwoners van Vereeniging, toe nog ‘n dorpie in sy babaskoene, beleef het. Dit was in 1917, toe Norman nog ‘n jong seun was. Die Vaaldam en Barrage het in daardie tyd nog nie bestaan nie.
Norman se pa was die eerste superintendent van Waterwerke by die Vereenigingse munisipaliteit. Hul huis, wat naby die pompstasie langs die Vaalrivier gestaan het, is daardie jaar so erg deur die watermassa beskadig dat dit tot op die grond afgebreek moes word. Die Paton-gesin het daarna maande lank in ‘n tentjie gewoon terwyl hul nuwe huis gebou is.

 

Oorstromings in 1957
Oorstromings in Peacehaven in 1975

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button