Blissful Baking het nou ‘n koffiewinkel vir EKSTRA genot!
WiFi en kragpunte is beskikbaar vir mense wat tussendeur moet konnekteer

Advertorial
Almal weet teen hierdie tyd dat Blissful Baking se smullekker eetgoed absoluut salig heerlik is!
Nou word die lekkerte nog verder uitgebrei met ‘n volwaardige koffiewinkel met aansittafels waar jy op jou eie of saam met ‘n vriendin, of saam met die hele familie kan kom kuier, koffie kan drink en aan Blissful Baking se lekkernye kan smul. Die winkel is in 182 Louis Trichardt boulevard, Vanderbijlpark.
Hendrik Ebertsohn van Blissful Baking sê hulle is in die proses om sonpanele te installeer om te vereker dat daar tydens beurtkrag altyd krag sal wees. Daar is ook wifi en kragpunte vir gaste wat tussen die koffie deur moet konnekteer en werk.
Kom kuier gerus en beproef Blissful Baking se verruklike koffie en eetgoed!
Dit is nie nodig om te bespreek nie – jy kan sommer net inval.
Die ure is soos volg:
Maandae tot Vrydae 9:00 tot 17:00
Saterdae 9:00 tot 13:00




