Local newsNewsNews

Kersfees kom vroeg vir kinderhuiskinders

Ongeveer 40 kinders van plaaslike kinderhuise is op Saterdag 10 Desember 2022 tydens 'n spesiale Kersfeespartytjie by River Square-winkelsentrum bederf.

VEREENIGING. – River Square het vroeër vanjaar vir kinders by verskeie plaaslike kinderhuise gevra om aan Kersvader te skryf en hom te vertel wat hulle graag vir Kersfees wil hê.

River Square was by die Sedibeng Children’s Haven, Galaxy Children’s Village, Trentico en die Lerato-kinderhuis om te hoor wat die kinders wil hê.

‘n Lys van al die geskenke is toe saamgestel.

River Square het lede van die publiek en inkopiegangers gevra om te help om die kinders se behoeftes te vervul.

Die winkelsentrum kon van die geskenke op die lys met die hulp van die publiek insamel.

‘n Spesiale partytjie is Saterdag by die winkelsentrum gehou waartydens die geskenke oorhandig is.

Die kinders is na die tyd ook bederf met ‘n ete en nagereg.

By die Kerspartytjie wat spesiaal vir kinders van plaaslike kinderhuise by River Square gehou is. Van links, voor: Yvonne van Deventer en Lize-Marie Botes; agter: Nicole da Silva (sentrumbestuurder), Julien du Plessis (Mev. Afrika), Madelein Elkington (Mev. Vaal), Giulianna Elkintgton (tweede prinses: Mej. Sedibeng Tiener) en Marinda Smook (bemarkingsbestuurder). Foto: Christiaan Cloete
Mev. Afrika, Julien du Plessis, praat met kinders van verskeie kinderhuise by River Square tydens die Kerspartytjie. Foto: Christiaan Cloete
‘n Kind van ‘n plaaslike kinderhuis ontvang ‘n geskenk by Kersvader. Foto: Christiaan Cloete
Kinders van ‘n plaaslike kinderhuis sit aan vir ete tydens die Kerspartytjie by River Square. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button