Local newsNewsNews

Midvaal bied hulp in vloedgeteisterde gebiede langs Kliprivier

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit sê hy is besig om stormwaterkanale skoon te maak in afwagting op meer reën wat in die komende week verwag word.

HENLEY-ON-KLIP. – Die munisipaliteit sê in ’n verklaring hy is bewus van vloede in die Henley on Klip-gebied weens swaar reënval die afgelope week.

Die munisipaliteit is tans besig om stormwaterkanale skoon te maak en gaan dan help om hulpbronne aan inwoners in vloedgeteisterde gebiede beskikbaar te stel.

Die munisipaliteit vra inwoners wat bystand nodig het om die munisipaliteit deur middel van die MyMidvaal App te kontak of om die noodgevalle-afdeling by 016 360 7500 / 010 496 2844 te skakel.

“Ons vra inwoners om asseblief hul volledige straatadres aan ons deur te gee sodat ons spanne na die regte ligging kan ontbied,” vra Midvaal in ‘n verklaring.

Die munisipaliteit waarksku inwoners om weg te bly van areas wat oorstroom het en vra dat inwoners nie brue wat onder water is oor te steek nie.

Die munisipaliteit sê daar was oorstromings in verskeie gebiede en vra vir inwoners se geduld terwyl hulle werk om bystand aan geaffekteerde inwoners te bied.

Die munisipaliteit is besig om bystand in vloedgeteisterde gebiede te bied. Foto: Verskaf
Die munisipaliteit is besig om bystand in vloedgeteisterde gebiede te bied. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button