Local newsNewsNews
VIDEO: Vloede saai verwoesting by Henley on Klip
Die afgelope week se swaar reën het vloede langs die Kliprivier by Henley on Klip tot gevolg gehad.
HENLEY ON KLIP. – Terwyl die styging in watervlakke sommige inwoners genoop het om Saterdagoggend (10 Desember 2022) inderhaas hul eiendomme langs die rivier te ontruim het die vloedwater ook tot die sluiting van verskeie brue in die omgewing gelei.
Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het inwoners gewaarsku om gevaarlike areas en brue wat onder water is te vermy.
Inwoners wat in nood verkeer word versoek om die MyMidvaal App te gebruik om noodbystand te ontbied of die noodgevalle-afdeling by 016 360 7500 / 010 496 2844 te skakel.
Intussen word nog reën vir volgende week voorspel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
