Local newsNewsNews

Breinkanker eis bekende Vereenigingse makelaar

Mev. Igna du Toit, bekende inwoner van Vereeniging en makelaar by Gredu Makelaars, het die stryd teen breinkanker verloor.

VEREENIGNG. – Mev. Igna du Toit is verlede jaar met breinkanker gediagnoseer.

 

Haar gesondheid het teen die einde van Junie 2022 skielik begin agteruitgaan.

 

Sy is opgeneem in die hospitaal en nadat verskillende moontlikhede rondom ‘n diagnose ondersoek is, is daar vasgestel dat ‘n gewas tussen die breinlobbe begin groei het en in daardie stadium al redelik vêr versprei het.

 

Sy het moedig teen die siekte baklei, maar haar toestand het in die afgelope jaar agteruitgegaan.

 

Gredu Versekeraar het Dinsdag in ’n verklaring aan kliënte gesê: “Dit is met ‘n hartseer & swaar gemoed dat ons by Gredu Makelaars u vandag meedeel dat Igna haar stryd teen breinkanker verloor het.  Ons liewe kollega & vriendin het hard geveg hierteen, maar aan die einde het God se wil beskik.”

Du Toit sal onthou word vir haar positiewe, vriendelike en hardwerkende werksetiek.

 

“Ons dink in hierdie hartseer tyd aan haar familie en dra hul op in ons gebede dat hulle berusting en vertroosting sal vind in al die wonderlike herinneringe en tye saam,” het Gredu Makelaar in ‘n verklaring gesê.

 

Du Toit sal veras word.

 

Haar verassingsdiens vind op 20 Desember 2022 om 11:00 vanuit die Gouie Nuus Gemeente in Kliprivierstraat in Drie Riviere plaas.

 

Mense wat die begrafnis bywoon word gevra om iets “kleurvol en opgewek” te dra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button