Local newsNewsNews

Beelmateriaal van 8-jarige wat kar bestuur, geweer rondswaai maak opslae

Op die video kan mens sien hoe die 8-jarige seun agter die stuur van sy pa se voertuig deur die strate van Roshnee buite Vereeniging bestuur sonder toesig of lisensie. Op foto's lyk dit of hy 'n handwapen rondswaai.

VEREENIGING. – ‘n Video en foto’s wat wyd op sosiale media gedeel word wys hoe die 8-jarige seun van Roshnee agter die stuur van die voertuig sit terwyl lede van die gemeenskap hom vra of sy ouers weet waar hy is.

Die seun ry later weg.

Op ‘n ander foto wat intussen op sosiale media gedeel word lyk dit of die seun ‘n handwapen vashou.

Die sosiale aktivis Yusuf Abramjee het op ‘n plasing op Twitter gevra dat owerhede die pa van die seun so gou as moontlik moet aankla en in hegtenis neem.

Daar moet vasgestel word of dit ‘n regte vuurwapen is,” meen Abramjee.

Die seun word deur lede van die gemeeskap ondervra terwyl hy agter die stuur van ‘n voertuig sit. Foto: Twitter/Yusuf Abramjee
‘n Foto van die seun en sy pa in die voertuig wat die 8-jarige later alleen bestuur. Foto: Twitter/Yusuf Abramjee
‘n Foto van die agtjarige met wat soos ‘n handwapen lyk. Foto: Twitter/Yusuf Abramjee

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button