Local newsNewsNews

Burgemeester vir vyf dae

Vincent Jones, New Horizon Movement-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir basiese dienste, neem tans waar as uitvoerende burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in die afwesigheid van Sipho Radebe.

VANDERBIJLPARK. – Volgens ’n memo wat deur die kantoor van die burgemeester uitgereik is sal Jones waarneem as burgemeester vanaf 15 Desember tot 20 Desember in die afwesigheid van Radebe.

Vaalweekblad verstaan Radebe is tans by die ANC se verkiesingskonferensie by NASREC in Soweto, waar daar in die volgende paar dae ‘n nuwe leier vir die regerende party gekies sal word.

Jones is nie ‘n vreemdeling van die burgemeesterstoel nie.

Hy het ook tussen 7 November en 9 November vanjaar vir drie dae met volle gedelegeerde bevoegdhede as burgemeester waargeneem.

Die memo wat deur die kantoor van die uitvoerende burgemeester uitgereik is. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button