Pret gala vir jongklomp
Plaaslike swemskole het hul jaar met 'n pret gala-dag afgesluit. Lees meer
SASOLBURG. – 3 Desember was ‘n groot dag vir die Vaal se swemskole. Hulle het by J’s Aqua saamgekom vir ‘n 25m gala dag. Almal van die kleuters tot by die seniors het ‘n kans gehad om die 25m te swem.

Die 3 tot 5 jariges het met skopborde in die hand en baie aanmoediging van senior swemmers, saam met hul in die swembad, hierdie groot taak afgehandel.
Die ander juniors is ook deur die seniors aangemoedig en gemotiveer en almal was baie trots op hul medaljes wat hul vir deelname en deursettingsvermoë ontvang het.

Junita Le Riche van J’s Aqua het laat weet die dag was ‘n groot sukses. Die swemmers het dit baie geniet en dit was verblydend om te sien hoe almal mekaar ondersteun.
“Die kinders het weer eens geleer dat om te wen nie alles is nie en ook hoe belangrik goeie sportmanskap is,” het sy gesê.

Die swemskole wat deelgeneem het is Pollywig, Titans, Akwa Academy, J’s Swim School, Blue Martin en Wilge.
