Local newsNewsNews

Toerusting aan kultuurnetwerk geskenk

Die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk is 'n groep wat betrokke is by instandhouding van monumente en erfenisterreine in die omgewing.

MEYERTON. – Mnr. Max Boulonge van Golfpark het na aanleiding van plaaslike koerantberigte oor instandhoudingswerk aan monumente en erfenistereine in die Vaaldriehoek, besluit om sy Murray-grassnyer aan die aktiewe lede van die Vaaldriehoek Kultuurnetwerk, onder leiding van Okkie Jooste, te skenk.

Jooste sê sulke toerusting help geweldig baie om take soos die sny van gras in begraafplase en soortgelyke tereine makliker te maak.

Finansieële hulp word altyd benodig vir die diens en instandhouding van die toerusting.

Skakel gerus met Okkie Jooste by 071 478 8816 indien jy in staat is om ‘n bydrae te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button