Local newsNewsNews
Uit my pen – die week in Vaalweekblad
'n Voorsmakie van wat jul in die week se Vaalweekblad kan lees. Lees meer
Die laaste Vaalweekblad van 2022 is van 21 Desember te koop. Die week is die k’rant weer propvol stories, staaltjies en dinge.
Maak nader kennis met die Vaal se eie rock band, 4 Eva Young. Gaan kuier saam by Tannie Enna Engelbrecht wat onlangs 95 geword het en lees meer oor een van Sasolburg se jong hengelkampioene.
Dan is daar die swemskole se pret swemgala, Eureka se perdry en Vaalpark Primêr se uitblinkers.
In my rubriek, Ek sê maar net, skryf ek en Kleinsus Antjie ‘n brief aan Vader Krismis – so lekker tong in die kies ene.
Geniet die res van jul Desember.
Ons gesels weer in die Nuwejaar.
Groetnis
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
