Local newsNewsNews

Derde van alle verbruikersgoedere in Gauteng word nou in Midvaal vervaardig

Bykans 'n derde van die goedere wat in Gauteng vervaardig word, word deesdae glo in die Midvaal Plaaslike Munispaliteit vervaardig.

MIDVAAL. – Die munisipale bestuurder van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, Anton Groenewald, sê Midvaal vervaardig deesdae ‘n derde van die verbruikersgoedere wat in die provinsie vervaardig word.

Groenewald het so gesê tydens die ‘n kort toespraak wat hy gelewer het toe die burgemeester van die munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, vroeër vandeesmaand verslag gelewer het oor wat sy administrasie in ‘n jaar se tyd bereik het.

Die munisipaliteit het ‘n aanloklike bestemming geword vir vervaardigers en word deur sommiges as die “Midrand van die suide” bestempel.

Die idee van ‘n “Vervaardig in Midvaal”-etiket is iets wat ons graag sal wil sien en mettertyd wil ontwikkel,” sê Groenewald.

Groenewald meen as elke Suid-Afrikaner weet dat die produkte wat hulle gebruik in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit vervaardig word – en dat ten minste ‘n derde van die produkte (wat in Gauteng vervaardig word) van hier af kom – dit sal help om die munisipaliteit beter te posisioneer en bewustheid te skep oor die moontlikhede wat die munisipaliteit as vervaardigingsomgewing bied.

Die idee van ‘n “Vervaardig in Midvaal”-etiket is iets wat die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit graag sal wil sien en mettertyd wil ontwikkel, meen Anton Groenewald, die munisipale bestuurder. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button