Hanteer ‘n padwoede-voorval só
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê padwoede en motoriste wat aggressiewe gedrag agter hul stuurwiel toon hou 'n wesenlike bedreiging vir die veiligheid van alle padgebruikers in.
Enige onveilige gedrag agter die stierwiel, hetsy dit opsetlik en met kwadegevoelens is of sonder inagneming vir ander padgebruikers se veiligheid is, kom op aggressiewe bestuur neer.
In uiterste gevalle kan aggressiewe bestuur ook tot padwoede – ‘n geweldadige kriminele handeling waar die doel is om die ander motoris fisiese leed aan te doen – eskaleer.
Die polisie bied die volgende raad vir motoriste wat met aggressiewe bestuurders te doen kry en het ook wenke vir motoriste wat hulkan help om hul eie stres te verlaag wanneer hulle bestuur.
1)Beskerm jouself: Onthou, jy het te doen met ‘n aggressiewe bestuurder. Maak seker dat jou deure gesluit is. Indien jy in verkeer vasgekeer is, los genoeg beweegruimte sodat jy kan wegtrek. Indien ‘n aggressiewe bestuurder jou konfronteer, bel 10111 of ry tot by jou naaste polisiestasie.
2)Moet dit nie persoonlik vat nie: Wees altyd bedagsaam en hoflik op die pad, selfs wanneer die ander bestuurder nie is nie. Vermy konflik indien moontlik. As ‘n ander motoris jou uitdaag, haal diep asem en beweeg uit die pad uit. Moet nooit ‘n ander motoris se kapsiteit om leed aan te doen geringskat nie.
3)Verminder jou eie stres: Verstaan dat jy nie die verkeer kan verander net, maar net hoe jy daarop reageer. Op die einde van die dag ly frustrasie, woede en ongeduldigheid tot gevaar op die pad lei.
Wees ‘n hoflike bestuurder:
*Beteul jou humeur wanneer jy kwaad raak.
*Vermy oogkontak met die aggressiewe bestuurder.
*Moenie onwelvoeglike handgebare vir ander motoriste toon nie.
*Hou jou volgafstand en moenie te naby aan die voertuig voor jou ry nie.
*Gebruik jou toeter spaarsamig, selfs ‘n hoflike druk van die toeter kan verkeerd geïnterpreteer word.
*Moenie ander voertuie verhoed om verby te gaan nie.
Bron: SAPD/https://www.saps.gov.za/
