Local newsNewsNews

Nie vir sensitiewe lesers: Inwoners van SE3 geskok na perd inmekaar sak

VANDERBIJPARK. - Inwoners van Kareestraat in SE3 se Woensdagoggend het hartseer begin toe 'n perd wat 'n waentjie getrek het, in die straat inmekaar gesak het.

“Ons kon sien die perd was uitgeput en van die inwoners het water, appels ens. gaan haal om die perd lafenis en iets te ete te bied,” vertel ‘n omstander wat graag anoniem wil bly.

Die inwoners was geskok en het nog meer ontsteld geraak toe die eienaars van die perd aanhoudend probeer het om die perd aan sy tuig te probeer optrek.

“My hart is stukkend. My vriendin wat op die toneel is sê die perd lewe nog. Ek sal nie daar op die toneel kan wees nie, dit is te erg en ontstellend vir my,” het ‘n ander inwoner aan Vaalweekblad vertel.

Die voorval het omstreeks 08:00 gebeur. Die plaaslike Dierebeskermings Vereniging (DBV) se perde-eenheid was oor die voorval in kennis gestel en hulle was reeds teen 08:30 op die toneel om sake te behartig.

  • Vaalweekblad bedank namens die inwoners die personeel van die DBV wat so vinnig opgetree het. 
    Die perd wat in Kareestraat inmekaar gesak het. Foto: Verskaf

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button