Local newsNewsNews

VIDEO: Kyk uit vir slaggate op die R54-pad

Die R54 tussen Vereeniging en Villers word al vir lank deur motoriste van Gauteng gebruik as 'n toegangsroete na die N3-snelweg by Villiers. Die toestand van die pad is tans baie sleg en sommige motoriste reken dit is beter om eerder die pad te vermy.

VEREENIGING. – Vaalweekblad het op 27 Desember 2022 gaan ondersoek instel en baie groot slaggate op die pad aangetref.

By sommige dele is die pad so sleg dat motoriste grondpaaie langs die teerpad uitgery het om die slaggate te vermy.

Daar is tekens dat gedeeltes van die pad onlangs herstel is, maar daar is gedeeltes waar jy baie stadig sal moet ry as jy nie jou voertuig wil afskryf nie.

Motoriste word gewaartsku om op die uitkyk te wees vir slaggate op die pad en stadig te ry (sodat jy vinnig kan stop) – veral die gedeelte van die pad wat buite Gauteng val.

Sommige motoriste verkies om eerder die R42 na Heidelberg te neem en van daar af op die N3 na Durban te klim.

Groot slaggate op die R54-pad beteken dat motoriste waaksaam moet wees en stadig sal moet ry. Foto: Christiaan Cloete
By sommige dele is die pad so sleg dat motoriste grondpaaie langs die teerpad uitgery het om die slaggate te vermy. Foto: Christiaan Cloete
Daar is nie verniet waarskuwingstekens langs die R54-pad aangebring nie. Foto: Christiaan Cloete
Ten spyte van herstelwerk wat onlangs op die pad gedoen is, is daar baie groot slaggate by plekke. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button