Die ou sirkel op die hoek van Houtkopweg en die Ou Johannesburgpad bestaan vandag nie meer nie, en sommige oudinwoners meen die een op die foto was dalk in elk geval eerder die sirkel by Dairy Den Padkafee, wat ook nie meer bestaan nie. Dairy Den het in die 1970's en 80's aan die Scholtz-familie behoort, waar inwoners die heerlikste etes en melkskommels kon geniet. Watter sirkel dit ookal was, 'n mens kan nie help om beïndruk te wees met die destydse netheid van die pad en sypaadjies nie.
Hoeveel inwoners van Vereeniging onthou nog die ou sirkel op die hoek van Houtkopweg en die Ou Johannesburgpad wat ‘n ent verder Voortrekkestraat word?
Jarelange inwoners soos Jozua van Wyk, Dolf Boucher en Theunis Calitz sê die sirkel het in hul jong dae as die Vicor-sirkel bekendgestaan omdat dit reg voor die Vicor-huise in Houtkop was, maar dit is ook die Raleigh-sirkel genoem omdat die ou Raleigh-fietsfabriek, waar die Mico-gebou later opgerig is, ook in die gebied was.
Oud-inwoner Ada Scheenloop het ‘n lekker staaltjie uit haar kinderdae oor die sirkel te vertel : “Ons het in Arconpark gewoon en as my ouers Saterdagaande by Da Romano gaan uiteet het en hulle ‘n lekker gesellige aandjie gehad het, sou my pa al om en om die sirkel ry om my ma te terg. Soms het hy op die grasperk binne-in die sirkel gaan stop en daarop aangedring dat sy hom soen voor hy verder sou ry. Ek het stoute ouers gehad! Daardie sirkel sal ek nooit vergeet nie,” vertel sy.
Die ou sirkel op die hoek van Houtkopweg en die Ou Johannesburgpad bestaan vandag nie meer nie, en sommige oudinwoners meen die een op die foto was dalk in elk geval eerder die sirkel by Dairy Den Padkafee, wat ook nie meer bestaan nie. Dairy Den het in die 1970’s en 80’s aan die Scholtz-familie behoort, waar inwoners die heerlikste etes en melkskommels kon geniet. Watter sirkel dit ookal was, ‘n mens kan nie help om beïndruk te wees met die destydse netheid van die pad en sypaadjies nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!