Kyk hoe word daar water gemors in Vanderbijl
Water stroom nou al vir vyf weke in die straat af. Rapporteer help nie.
VANDERBIJLPARK. – Wat begin het as ‘n gaatjie in die teerpad waaruit water borrelm het nou ontaard in twee strome water in die pad af.

Op 24 November 2022 is die die waterlek in Hadfieldstraat, CW1 aan Metsi A Lekoa gerapporteer. ‘n Verwysingsnommer van 469323 is ontvang.
Niks is gedoen nie. Teen 29 November 2022 het die water in die lug gespuit om ‘n fontein in die teerpad te maak.
Een van die inwoners het ‘n baksteen op die gat geplaas in ‘n poging om te keer dat die water nie in die lig opspuit nie.

Sedertdien loop die water aan albei kante van die straat af totdat dit sowat vyf huise verder in die afvoersloot beland.
Voor van die huise is daar al poele water voor die hekke wat die in en uitry bemoeilik.
Deur die loop van Desember is die waterlek verskeie kere weer aangemeld, maar tot dusver het niemand nog eens na die probleem kom kyk nie.
Intussen word die gat waar die water uitborrel al hoe groter. Synde dat dit ou straat is, is die kanse goed dat meer gate in die straat onder die water gaan vorm.
In ‘n land waar water ‘n probleem is en in ‘n area waar die munisipaliteit alreeds kniediep in die skuld is by Rand Water, kan mens nie glo dat daar toegelaat word dat soveel skoon water nou al vir amper vyf weke net verlore gaan nie.
