Local newsNewsNews

Uit my pen – Die week in Vaalweekblad (wel amper)

Net so 'n vinnige inloer oor wat in 2023 wag.

Nou ja toe, welkom in 2023. Die Vaalweekblad is weliswaar nog nie die week te koop nie, maar die span is hard aan’t woeker om die eerste uitgawe van die Nuwejaar vol interessante nuus, mense en gebeure te kry.

Ster North en Ster South sal reeds van Dinsdag, 10 Januarie versprei word en die Vaalweekblad sal weer van Woensdag, 11 Januarie te koop wees.

Ek sien uit daarna om hierdie jaar weer vir jul al die positiewe, goedvoel stories te bring.  Daar is soveel mense met omgeeharte in die Vaaldriehoek en dis altyd lekker om met hul te kuier en hul stories te vertel.

Dan is daar natuurlik die Vaal se jongspan met al hul talente waarmee hul woeker van dans tot by sport en drama.

Al ons viervoetige vriende gaan ook nie die jaar agterweë gelaat word nie en hul besonderse verhale sal ook oorgedra word.

Indien jul ‘n goedvoel storie het of graag meer van ‘n spesifieke persoon wil lees, laat weet my gerus by 083 324 7254 or stuur ‘n e-pos aan gerda@mooivaal.co.za.

Groetnis van huis tot huis.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button