Local newsNewsNews

So vang jy ‘n bielie van ‘n baber

SASOLBURG. - Tennyson (Teuns) Colleskey van die Hap en Kap-hengelklub het 30 Desember 2022 besluit om by Cilliers se plaas, Deneysville, te gaan hengel en het onder andere 'n bielie van 'n baber uitgetrek.

Theuns vertel dit was ‘n renerige dag en die wind het by tye baie sterk gewaai. Hy het egter volgehou en is met ‘n bielie van ‘n baber (13,325kg) beloon. Hy het die ou grote met met mieliepitte gevang.

Theuns vertel dat hy eintlik vir karp gehengel het, maar dat die knewel nie die hoekaas kon weerstaan nie. Dit het hom lank geneem om die baber te land. Behalwe vir die persoonlike triomf spog Theuns nou ook met die buiteklub rekord vir die jaar. Hy het ook 26 karpe gevang.

Johan Pieters het op sy beurt ook op 30 Desember by Bloemhofdam gaan lyn natnaak. Hy het ‘n paar mooi karpe gevang, onder meer ‘n karp wat 4,280 kg geweeg het. Hy het vir die dag 40 vis gevang.

Tennyson (Teuns) Colleskey van die Hap en Kap-hengelklub wys die bielie van ‘n baber wat hy gevang het.
Johan Pieters met van die 40 vis wat hy op 30 Desember gevang het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button