Local newsNewsNews

Tenore, soprane, alte en basse – hier is jul kans

'n Besondere geleentheid om deel van 'n uitstaande vertoning te wees. Lees meer...

Die Etienne Rousseau Teater (ERT) met die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting bied ‘n besondere vertoning aan oor die Pase.

Die vertoning sluit in Puccini se Messa de Gloria vir koor, orkes en twee soliste (mans), Beethoven se Koraalfantasie vir klavier, orkes en koor en twee Paaswerke van Karl Jenkins.

Foto: verskaf

Tans is hul opsoek na koorlede om saam met die Ffortissimo Vocal Ensemble op te tree.

Indien jy belangstel, kontak vir Prof. Gideon Els by gideonels@gmail.com of by 083 630 2714 voor of op 23 Januarie 2023.

Verkose koorlede moet bereid wees om in Maart elke Saterdag in Benoni repetisies by te woon. Daar sal ook twee verpligte kleedrepetisies wees.

Die finale uitvoerings sal gehou word in Benoni by Jubilaté  2 April om 15:00,  die Linder-Ouditorium in Johannesburg, 23 April om 15:00, by die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria 16 April om 11:00 en by die ERT in Sasolburg 16 April om 16:00.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button