Local newsNewsNews
Twee dood toe ligte vliegtuig by NASREC neerstort
Twee mense is dood toe 'n ligte vliegtuig Sondagoggend (15 Januarie 2023) by NASREC naby die FNB-stadion in die suide van Johannesburg neergestort het.

SOWETO.- Volgens Sisa Majola, ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het die voorval Sondagoggend omstreeks 09:00 by Nasrec gebeur.
Dit was blykbaar ‘n oefenvlug.
“Die vliegtuig het vroeër by die Grand Central-lughawe in Gauteng opgestyg en sou later weer by die lughawe land. Daar was twee mense aanboord die vliegtuig. Albei is noodlottig beseer. Die vliegtuig het ook aansienlike skade opgedoen,” het Majola in ‘n kort verklaring gesê.
Die ongeluk is by die Lugvaartreddingskoördineringsentrum (LNR) aangemeld.
‘n Voorlopige verslag oor die vliegongeluk behoort binne 30 dae uitgereik word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
