Slaggat pad by Laerskool Oospark
Hoe mense elke dag die pad ry sonder om ongelukke te maak en bande te verloor is net genade.
VANDERBIJLPARK. – Cubittstraat in CE2 is, soos baie ander strate in die CE en CW areas van Vanderbijlpark, meer gat as pad.
Alhoewel dit nie die grootste straat in die dorp is nie, is die regmaak van hierdie pad van kardinale belang.

Laerskool Oospark is in hierdie straat geleë, met die hoofingang van die skool nie ver van een van die grootste slaggate nie.
Oospark is een van die dorp se oudste skole. Die groot ou koeltebome op die sypaadjies getuig daarvan.
Ongelukkig vererger die skaduwees van die einste ou reuse die slaggat situasie. Dis moeilik om die die gate in die skadukolle raak te sien.
Die baie slaggate maak die pad uiters onveilig vir almal wat daar ry. Ongelukkig is daar nie ‘n ander pad om by die skool uit te kom nie en dra die pad dus baie verkeer elke dag.
Hoe lank gaan die munisipaliteit nog wag voordat hul die paaie rondom skole herstel?
