Local newsNewsNews

Rassie trek glo sélf sneller wat tierkind dood

Die eienaar van die tierwyfie Sheba wat die naweek uit 'n kamp op 'n kleinhoewe in die Walker Fruit Farm-omgewing ontsnap het, en 'n skrikbewind in die Walkerville-omgewing gevoer het, het glo sélf die sneller getrek wat sy tierkind gedood het.

WALKERVILLE. – Dit was ‘n noodgedwonge maar hartseer besluit wat geneem moes word om mense se lewens te red.

Sosiale media gebruikers het Woensdag (18 Januarie 2023) aangedring om te weet wie die persoon is wat die tier doodgeskiet het.

Nou kan Vaalweekblad onthul dat dit glo Erasmus was wat vroeg Woensdagoggend daai sneller sélf getrek het.

Erasmus is blykbaar ‘n geregisteerde skerpskut.

Mnr. Rassie Erasmus met sy tier Sheba. Foto: Facebook

Die tier het tussen Dinsdagaand/Woensdagoggend van haar vorige posisie naby ‘n watergat weswaarts verskuif na ‘n dig bewoonde gebied met baie veë en toe na ‘n plaas gegaan waar ses wonings is en verskeie mense bly.

Daar word vermoed dat hommeltuie en helikopters wat laag gevlieg het moontlik die tier verskrik het.

By die dig bewoonde gebied het die tier nog ‘n hond doodgebyt en inwoners het gevra vir onmiddellik bystand.

Vaalweekblad verstaan Erasmus was saam met die span wat op die noodoproep reageer het.

Die naaste wat Erasmus aan die tier kon kom was ongeveer 80 meter en van daardie afstand af is dit moeilik om die tier met ‘n verdowingspyl te skiet – veral nie 03:45 in die oggend, in die donker nie.

Boonop kan slegs ‘n gekwalifiseerde veëarts met die nodige opleiding diere met ‘n verdowingspyl skiet en daar was nie so iemand teenwoordig nie.

Vaalweekblad verstaan die risiko’s moes opgeweeg word en dat die besluit in die oomblik geneem is.

Die belsuit was ‘n moeilike een: Dit was soos vir ‘n pa om sy kind te skiet.

Die tier Sheba is Woensdagoggend deur haar eie eienaar doodgeskiet. Foto: Facebook

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button