Local newsNewsNews

Vaaldriehoek-matrikulante juig oor uitstekende uitslae

2022 se matrikulante het vroeg Vrydagoggend hul uitslae by verskeie skole in die Vaaldriehoek gaan afhaal en hulle punte saam met skoolmaats, vriende en familie gevier.

MEYERTON. – By die Hoërskool Dr. Malan, waar Vaalweekblad Vrydag (20 Januarie 2023) gaan inloer het, het laasjaar se matrikulante met opwinding en ‘n tikkie spanning in rye gestaan om hul punte te gaan afhaal.

Dié skool het volgens die hoof, mnr. Rossie Briers, in 2022 ‘n slaagsyfer van 99.52% behaal.

Lauren Smith is die skool se toppresterende matrikulant vir 2022 en het altesaam 7 onderskeidings behaal.

Volgens die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het al Suid-Afrika se provinsies in 2022 hul slaagsyfer verbeter.

Gauteng het ‘n 84.4% slaagsyfer behaal, terwyl die Vrystaat ‘n slaagsyfer van 88.5% behaal het.

*Vaalweelblad bring op 1 Februarie ‘n spesiale bylaag oor die matriekuitslae waar jy meer oor die Vaaldriehoek se toppresteerders kan lees.

Hoërskool Dr. Malan se matriekklas van 2022 staan Vrydag in rye by die skool om hul uitslae af te haal. Foto: Christiaan Cloete
Jessica Hynd beskou haar matriekpunte. Sy is met vier onderskeidings een van haar skool se toppresteerders. Foto: Christiaan Cloete
Lauren Smith saam met die Hoërskool Dr. Malan se skoolhoof, mnr. Rossie Briers. Lauren is met sewe onderskeidings haar skool se toppresteerder vir 2022. Foto: Christiaan Cloete
Anzelle van Wyk is met ses onderskeidings een van Hoërskool Dr. Malan se top-matriekpresteerders van 2022. Sy het ‘n sewende onderskeiding met net 1% gemis, maar gaan die vraestel laat hermerk. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button