Hap en Kap baljaar onder visse
SASOLBURG. - Die Hap en Kap-hengelklub het sy eerste klubkompetisie van die jaar op 21 Januarie by Kees van der Walt, Vaaldam, by Deneysville gehou.
In totaal het 18 hengelaars dit bygewoon en het behoorlik baljaar onder die vis.
Hoewel van hulle aan die klein kant, is 331 vis met totale gewig van157,965kg vir punte ingeweeg.
Johan Pieters het ‘n goeie dag beleef. Nie net het hy ‘n graskarp van 7,040kg gevang nie, maar het 28 vis gevang (19,685kg) en was ook die wenner in die veterane-afdeling en lootjiewenner met die swaarste graskarp.
Die ander afdelingwenners is:
Dames – Sonja Janse van Rensburg met 35 vis (15kg)
Penkop – Wihandre Burger met 13 vis (4,865kg)
Junior – Meandro Pieters met 21 vis (9,81kg)
Senior – Dawie Janse van Rensburg met 44 vis (19,210kg).
Enige persoon wat graag aan kompeterende hengel wil deelneem, kan Leon Meyer by 083 775 4639 kontak.

