Local newsNews

Vermiste tweejarige glo gevind

Volgens gerugte het twee mans haar in die sakesentrum by haar ma gegryp

 

Groot kommer het sedert omstreeks 16:00 Donderdagmiddag (2 Februarie) geheers nadat ‘n 2-jarige dogtertjie in Vereeniging se sakesentrum verdwyn het. ‘n Plasing waarin die uiters bekommerde pa mense gevra het om op die uitkyk vir sy dogtertjie te wees, het sedert gisteraand die rondte op Facebook en Whatsapp-groepe gedoen.
Volgens aanvanklike gerugte is sy naby Finbond Bank deur twee mans by haar ma gegryp.
Vaalweekblad het vanoggend met die dogtertjie se pa gepraat. Hy sê hy is pas ingelig dat sy opgespoor is maar hy is nog in die proses om uit te vind wat presies gebeur het. Sy is tans by ‘n plek van veiligheid, hoewel die pa nog nie veel meer inligting het nie.
Hierdie is ‘n ontwikkelende berig. Vaalweekblad sal meer inligting verskaf soos wat nuwe feite aan die lig kom.

OPVOLG:

Dit het intussen aan die lig gekom dat die tweejarige dogtertjie nie Donderdag deur rowers in die sakesentrum by haar ma gegryp is nie, maar deur karwagte na veiligheid geneem is omdat hulle oor haar welstand bekommerd was. Die kleinding is tans veilig en goedversorg, en die gesin hanteer die situasie intern. Vaalweekblad volstaan dus hiermee en gaan nie verder oor die voorval verslag doen nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button