Local newsNewsNews

“Engel van Henley-on-Klip” hou die mae vol in Meyerton

Sy ken van swaarkry en om honger en sonder kos te wees. Dit is waarom Alinah Ntswaki “Poppy” Khan – ook bekend as “Die Engel van Henley-on-Klip” - haar lewe daaraan toewy om weekliks behoeftige mense in Meyerton en omliggende gebiede te voer.

MEYERTON. – “Ek kook dit uit my hart uit want ek weet hoe dit voel om sonder kos te wees,” het Poppy verlede week aan Vaalweekblad vertel terwyl sy besig was om behoeftige mense in Meyerton se middestad te voer.

Alinah berei kos wat aan haar geskenk is by haar huis voor en voer al die afgelope twee jaar behoeftige mense in die Meyerton-omgewing.

Sy is bykans elke Woensdagmiddag om 17:00 by die stalletjies agter Meyerton se stadsaal en besoek ook die taxi-staanplek langs Meyerstraat om honger mense te voer.

Alinah Ntswaki “Poppy” Khan help om behoeftige mense in Meyerton se middestad te voer. Foto: Christiaan Cloete

Somtyds gaan sy na die stortingsterrein buite Henley-on-Klip om mense te voer, somtyds ry sy tot in Sebokeng met ‘n geleende voertuig.

Alinah sê sy was ‘n paar jaar gelede baie arm toe haar dogter gebore is en weet wat dit is om honger te wees en op somtyds straat te slaap. Sy wens niemand dit toe nie en probeer help waar sy kan.

(Toe dit sleg gegaan het) het ek het vir God belowe dat indien hy my uit my verknorsing help ek in die strate sal uitgaan en honger mense wat op die straat slaap help,” vertel Poppy.

Dean Wait (29), ‘n man wat in die omgewing van Meyerton se middestad bly, sê hy is baie dankbaar vir die bord kos wat hy weekliks van Alinah af ontvang. Foto: Christiaan Cloete
Johnny Botha (35) met sop en brood wat Alinah voorberei het. Foto: Christiaan Cloete

Poppy het gedurende die Covid-19-inperking by ‘n spysenier gaan aanklop en gevra of sy enige oorskietkos het wat Poppie met haar kind, maar ook met mense op die straat kan deel.

Poppy het haar broer se voertuig geleen en groente in Alberton gaan optel en begin om maaltye by haar huis voor te berei en behoeftige mense te voer.

Plaaslike organisasies het van haar goeie werk te hore gekom en help somtyds met kos.

Vandag is haar sopkombuis ‘n instelling op Woensdae in Meyerton se middestad.

Selfs al het haar voertuig verlede week gebreek, het Poppy ‘n vriendin van Alberton, Larke Hiepner, gebel om haar te help om mense te voer.

Mense wat bereid is om Poppy te help om mae vol te hou, of wat weet van iemand wat haar kan help om haar voertuig te herstel, kan haar skakel by 073 236 2730.

Alinah “Poppy” Ntswaki, ook bekend as “Die Engel van Henley-on-Klip”, en helpers voer mense by die stalletjies oorkant Meyerton se stadsaal. Foto: Christiaan Cloete
Alinah “Poppy” Ntswaki en helpers besig om mense te voer by die taxi-staanplek langs Meyerstraat in Meyerton. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button