Local newsNews

Suhané skitter as Miss Regal-koningin!

People Opposing Woman Abuse (POWA) is een van die nie-winsgewende organisasies waarmee Suhané en die ander finaliste saamgewerk het om slagoffers se lewensomstandighede te help verbeter.

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek se naam is op 4 Februarie vir die soveelste keer hooggehou deur Suhané Bosch, oudleerling van die Hoërskool Driehoek, toe sy as Miss Regal International (SA) gekroon is. Die spoggeleentheid het in die swierige Sky Hotel in Sandton plaasgevind.

Suhané het die wedstryd onder die leiding en mentorskap van die wedstryddirekteur, Wayne Stafford, ‘n bekende in die mode- en skoonheidswêreld, aangepak. Haar vorige groot titels sluit onder andere in Miss Teen SA 2022,  Mej. Tiener Gauteng en Mej. Elite SA.

Regal International se welsynsprojekte lê Suhané na aan die hart. People Opposing Woman Abuse (POWA) is een van die nie-winsgewende organisasies waarmee Suhané en die ander finaliste saamgewerk het om slagoffers se lewensomstandighede te help verbeter.

“Geslagsgeweld teenoor vroue en kinders is een van die oortredings met die hoogste misdaadsyfers in ons land. Ons ondersteun sulke slagoffers; ons staan saam en praat saam en bly nie meer stil daaroor nie. Saam kan ons ‘n verskil maak,” sê Suhané.

Sy sien baie uit na haar jaar as titelhouer en beplan om die pageant se positiewe boodskap wyd uit te dra. Sy sien ook daarna uit om Suid-Afrika  later by Miss Regal International se wêreldwye wedstryd te verteenwoordig.

 

Suhané Bosch, pas nadat sy vroeër die maand in Sandton as Miss Regal International (SA) gekroon is.
Suhané Bosch tydens haar kroningsaand vroeër die maand.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button