Local newsNews

Watervloede: Hulpbehoewendes kan hier kos en klere kry

Whatsapp Meergro kwekery by 065 821 6733 as jy kos of klere benodig na watervloede

Meergro Kwekery het ‘n projek van stapel gestuur om kos en klere te verskaf aan mense wat hulpbehoewend is na die naweek se oorstromings.

Die Vaaldriehoekse gemeenskap het soos altyd nie teleurgestel nie en besighede sowel as individue het reeds mildelike bydraes in die vorm van voedsel, klere en dierekos gemaak. Meergro sit tans met vragte skenkings en honderde kospakkies wat hulle graag by hulpbehoewendes wil uitkry.

Verdienstelike organisasies of individue wat kan help met die verspreiding daarvan, of mense wat dringend van die kos en ander skenkings benodig, word versoek om die broers Gert en Willem le Roux van Meergro per Whatsapp te kontak by 065 821 6733.

Baie dankie aan almal wat tot dusver skenkings gemaak het. Julle maak die Vaaldriehoek trots!

Helpers en Werknemers van Meergro Kwekery besig om die skenkings te sorteer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button