Local newsNewsNews

Misdaad begrawe in Vaalpark

Welgedaan aan Vaalpark waar almal saamwerk om misdaad te bekamp.

VAALPARK. – Misdaad in Vaalpark het drasties afgeneem.

Met die Public Eye kontrolekamer en die Belrex kameratorings word enige onregmatighede en verdagtes vinnig vasgevat.

Onlangs het ‘n voertuig die dorp ingekom wat reeds by ‘n vorige geleentheid gemerk is vir gewapende roof.

Reaksie is ontplooi en 10 minute later is die voertuig omring en gestop.

Die saak is aan die polisie oorgegee en daar is vasgestel dat die voertuig se nommerplaat deur ‘n ander gekloon is waarmee daar ‘n gewapende roof uitgevoer is.

Dan is twee verdagtes ook by die Tharinasentrum aangekeer nadat die motorwagte verdagte optrede by die ATMs gerapporteer het.

Die reaksie offisiere is ontplooi en die twee persone is gekonfronteer.

Verdere ondersoek het daarop gedui dat die twee verdagtes in besit was van verskeie Sassa kaarte en dat ‘n aansienlike bedrag geld reeds met verskeie kaarte onttrek is.

Die polisie is in kennis gestel en die twee verdagtes is aan die Sasolburg-polisie oorhandig.

Hulle is gearresteer en hulle voertuig is ook gekonfiskeer. Daar is later bevind dat een van die verdagtes ook ‘n onwettige immigrant is.

Volgens Public Eye se woordvoerder, Arrie Coetzee is baie arrestasies al danksy die kameraverkenningstelsel gemaak.

Dit word 24/7 gemoniteer deur die Public Eye Kontrolekamer asook deur Belrex Innovative Monitoring.

“Ons beplan om binnekort nog van die torings op te rig by sleutelpunte in Vaalpark. Dit het reeds ‘n enorme impak gemaak op die misdaadsyfer in Vaalpark wat tans baie laag is,” het hy gesê.

Daar is heelwat toegewyde patrolleerders en reaksie offisiere wat om die klok aan diens is en wat deur die kontrolekamer gemoniteer en ontplooi word in ‘n oogwink vir enige teken van misdaad intensie of selfs vermoedens.

Hy het ook die gemeenskap geloof vir hul deename op die verskeie Telegramgroepe waar enige verdagte situasie dadelik aangemeld word.

Dit wil blyk asof Vaalpark se suksesverhaal ten opsigte van misdaadbekamping aansteeklik is.

Arrie het laat weet: “Ons ervaar geweldige belangstelling en toenemende deelname in Sasolburg, met onderskeie kleiner buurtwagte wat aktief begin deelneem.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button