Prestasies en nog foto’s van Atletiek Vaaldriehoek-byeenkoms
SASOLBURG. - Dit was 'n besonder warm dag, met lekker warm aksie tydens Sedibeng/Atletiek Vaaldriehoek se byeenkoms op 24 Februarie op die DP de Villiersstadion.

Sportredakteur van Vaalweekblad: Ettienne van Rensburg, het so oor die top-vertonings berig:
HS Transvalia se Jaylin van Dyk het die meeste tabelpunte behaal vir top enkelprestasie van die dag. Sy en spanmaat Anje Holtzhausen het mekaar die stryd aangesê in die hamergooi vir d.o/17 wat tot puik afstande gelei het.
Jaylin het met ‘n afstand van 52.77m gewen en 934 tabelpunte verdien. Anje het op haar beurt die tweede plek behaal met ‘n afstand van 51.57m wat aan haar 924 punte besorg het.
Junior en senior atlete het aan die dag deelgeneem. Ethan Olivier (HS Overvaal) die HS Overvaal se verspring- en driesprongsensasie het op sy beurt die toeskouers met prag vertoning trakteer in die verspring en driesprong vir s.o/19.
Die skraal blondekop het die verspring met ‘n afstand van 7.38m (920 punte) gewen en die driesprong met ‘n afstand van 14.86m.

Dwight het op sy beurt in albei die items die tweede plekke behaal: verspring – 7.35m (910 punte) en driesprong – 13.64m.
Nog atlete wat meer as 900 punte behaal het sluit in: Astrid Fourie (Vereeniging Gimnasium: 400m d.o/15 – 057:42s – 917 punte) en Chardoné Smidt (Dr. Malan: 200m d.o/17 – 24.95s – 907 punte).
Astrid het ook in die 200m (25.68s – 882 punte) en 100m (12.64s – 852 punte) puik presteeer. Chardoné het die 100m in ‘n wentyd van 12.19s afgeblits.
Fotobeeld van aksie op die dag – Elsje Vermeulen











