Local newsNewsNews

Onthou die aanlyn-veiling vir Basjan!

Basjan Kok sterk goed aan na operasie. Nog fondse word benodig en daarvoor word 'n aanlyn veiling 4 Maart gehou. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Dit gaan baie goed met Basjan Kok na sy kolostomie-omkering operasie in Februarie.

Hy sal einde Maart weer kan begin hokkie oefen.

Marvel Comics Monopoly. ‘n Moet vir die Super Hero aanhangers. Aanvangsprys R850

Ubee4Me is steeds besig met fondsinsamelingsprojekte om seker te maak al die hospitaalkostes en opvolgbesoeke, terapie ens word betaal.

Daar gewoel om alles gereed te kry vir die groot aanlyn WhatsApp veiling wat 4 Maart van 10:00 – 13:00 sal plaasvind.

Op die WhatsApp groep, Basjan OnlineAuction4Mrt is die lys van items wat opgeveil gaan word reeds geplaas.

Lot 1: Jasmine(Alladin) Magic Carpet
Aanvangsprys is R100

Daar is heelwat oorspronklike kunswerke asook versamelaars bordspeletjies waarop gebie sal word.

Star Wars bordspel. Aanvangsprys is R150

Van die bordspeletjies sluit in Cluedo Big Bang Theory weergawe, Pictopia Star Wars versamelaarsbordspel en Marvel Comics Monopoly.

Vir al die inligting, die begin pryse, asook die reëls sluit aan by die groep.

Lees meer oor Basjan hier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button