Local newsNews

Dankie aan staatmakers na vloed

Kan iemand dalk help met waarskuwingsborde hier?

Baie mense wat langs of naby die Vaaldriehoek se rivieroewers woon, het groot skade gely. Vaalweekblad sal oor die volgende paar weke laat weet hoe dit met die opbou en herstel van die huise en paaie in die gebiede gaan.

Twee van ons lesers laat weet hier onder…..

“Dankie aan staatmakers na vloed”

Rika Rothe van Vanderbijlpark skryf:
Die gemeenskap van Rosashof, in besonder die Rosashof Gemeenskapsforum, is absoluut wonderlik.
Daar was ook baie ander mense wat nie noodwendig RGF-lede is nie, wat geweldig baie gehelp het gedurende die vloed by Rietspruit. Baie mense het hulle harte oopgemaak en oral gehelp asook donasies gemaak.
Die pad het verspoel met die oorstromings en dit is totaal onbegaanbaar, maar die gemeenskap staan saam en is besig om ‘n tydelike pad te bou. Daar is soveel wonderlike mense in ons gemeenskap. Baie dankie aan al die staatmakers.

“Kan iemand help met waarskuwingsborde?”

Marcel van Eeden van Vanderbijlpark skryf:
Soos almal weet, het die pad by Rietspruit se brug weggespoel. Die laagwaterbruggie langsaan word nou gebruik. Dit is omdat dit op die oomblik die mooiste pad is van dié kant af dorp toe, omrede die Lochvaalpad al so uitgetrap is deur die trokke.
Nou wil ek vra of daar iemand is wat dalk vir ons twee borde kan skenk, wat ons weerskante van die bruggie kan plant om te waarsku dat daar geen voertuie bo +/- 3 ton daaroor kan beweeg nie. Dis nou al die derde keer wat ek sien groot trokke met semi-trailers ry daaroor. Enige normale mens kan mos dink dat die brug dit nie gaan hou nie.
Kontak my asseblief by 068 287 9998 indien iemand kan help met sulke borde. By voorbaat baie dankie.

Foto bo – So het die pad gelyk nadat dit op 19 Februarie deur die watergeweld meegesleur is.

Foto bo – enkele minute voordat die bruggie by Rosashof op 19 Februarie 2023 deur die water meegesleur is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button