Paalspring: Twee oud-Valies wen goud by Weskaapse Atletiekkampioenskappe
Twee oudleerlinge van Vaalpark Primêr sit hul prestasies voort in die Kaap
Twee oudleerlinge van Vaalpark Primêreskool, Handré Nel en Ansumè de Beer, het tydens die afgelope Weskaapse Atletiekkampioenskappe goue medaljes vir paalspring verwerf.
Handré het sy persoonlike beste hoogte van 4.60m na 4.75m verbeter.
Ansumé se persoonlike beste is 3.70 en sy het tydens die kampioenskap goud op dié hoogte verwerf.
Handré het ‘n paar jaar gelede saam met sy ouers na Stellenbosch verhuis. Hy is nou ‘n matriekleerling van Paul Roos Gimnasium. Ansumé se ouers woon nog in Sasolburg maar sy sit haar sport in die Weskaap voort. Sy is nou in graad 10 in die Hoërskool Stellenbosch.
Albei die uitblinkers word afgerig deur JP van As.
Die Weskaapse Atletiekkampioenskappe het onlangs by die Dal Josaphat Stadion in die Paarl plaasgevind.
- Ansumé het ook vroeër die maand goud gewen by die ASA Junior Kamioenskappe in Pietermaritzburg en is in die span opgeneem wat einde April in Zambië gaan deelneem.
Kyk na ‘n video van die twee uitblinkers se spogvertonings by hierdie skakels:
Handré: https://www.youtube.com/watch?v=ViQd5CU5iFs
Ansumè: https://www.youtube.com/watch?v=xkDO8bEDUB0


