Local newsNewsNews

KYK VIDEO: Inwoners teken petisie teen swak dienslewering

Inwoners van die wyk wat die meeste tot die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit se geldkoffers bydra het Saterdag (1 April 2023) petisies geteken teen swak instandhouding van paaie en verkeersligte, probleme wat met beurtkrag gepaard gaan en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se klagtelyn wat nie behoorlik werk nie.

VEREENIGING. – Volgens Dalene Venter, raadslid van Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, dra Drie Riviere tussen R40 en R41 miljoen tot die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se maandelikse inkomste by, meer as enige ander wyk.

Tog voel inwoners van dié wyk dat dienslewering nie op standaard is nie.

Volgens Venter is die klagtes wat op die petisievorms gelys word reeds telke male aangemeld en steeds nie aangespreek nie.

Volgens Venter sal die petisievorms eers by die speaker se kantoor, sowel as ‘n Artikel 79-komitee (publiekedeelnamekomitee) ingehandig word.

Die komitee sal die probleem na die munisipaliteit se verskeie departemente verwys vir aanbevelings en antwoorde en moet terugvoer aan die komitee gee.

Die aanbevelings en antwoorde  sal dan voor die burgemeesterskomitee dien en by ‘n raadsvergadering waar raadsbesluite geneem sal word oor hoe om die probleme aan te spreek.

Inwoners van Drie Riviere vul petisievorms in. Foto: Christiaan Cloete
Inwoners besig om petisievorms in te vul. Foto: Christiaan Cloete
Die lig op die hoek van Deerylaan en Generaal Hertzogweg is glo al vir langer as ses weke buite werking. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button