Local newsNewsNews
DA herkies Steenhuisen as federale leier
John Steenhuisen is Sondag (2 April 2023) as die Demokratiese Allianse se federale leier herkies tydens die party se kieskonferensie by Gallagher Estate in Midrand.
MIDRAND. – Mpho Phalatse, ‘n voormalige burgemeester van Johannesburg, was Steenhuisen se enigste teenstander in die wedloop.
Dr. Ivan Meyer is verkies as die DA se federale voorsitter, met JP Smith, Solly Malatsi en Anton Bredell as adjunk-voorsitters.
Helen Zille is verkies as die voorsitter van die DA se federale raad, met Ashor Sarupen, dr. Annelie Lotriet en Thomas Walters wat verkies is as adjunk-voorsitters van die DA se federale raad.
Dr. Dion George is verkies as die DA se federale voorsitter vir finansies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
