Local newsNewsNews

Kabeldief sterf toe muur op hom val

Minstens een kabeldief het met sy lewe geboet nadat 'n muur vanoggend op die Mantevrede plotte op hom geval het.

VANDERBIJLPARK. – Die oorledene en sy makker(s) was besig om kragkabels op te grawe toe die muur ineengestort het. Die grussame vonds is vanoggend omstreeks 06:00 deur die eienaar van ‘n aangrensende kleinhoewe gemaak, toe sy alarm wat aan die sy heining gekoppel was afgegaan het.

Volgens een van die omstanders kan daar moontlik nog persone vasgepen wees onder puin, aangesien daar vroeg vanoggend nog hulpkrete te hore was, maar later doodstil geraak het.

Paramedici, polisie en die brandweer is tans op die toneel.

Die toneel waar minstens een kabeldief sy lewe verloor het. Foto’s: Ettienne van Rensburg
‘n Noodwerker bevestig dat die slagoffer se hart nie meer klop nie.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal opgedateer word sodra meer inligting beskikbaar is. ‘n Volledige berig sal in vandeesweek se Vaalweekblad verskyn. 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button