BusinessLocal newsNewsNews

Els Medsorg: Omgee-sorg vir jou bejaarde of siek geliefde

Kontak Els Med by (016) 424 2200 om meer oor hul dienste uit te vind, of 'n afspraak te reël om self te kom kyk.

Ons almal wil graag die beste moontlike versorging vir ons bejaarde ouers of ‘n siek geliefde gee, maar min van ons is toegerus om hulle tuis te kan versorg. Dit is hier waar Els Medsorg inkom om ‘n bekwame en deernisvolle diens aan te bied. Dit sluit in: Versorging van verswaktes en Alzheimer-pasiënte, terminale pasiënte, Hoësorg, en pasiënte wat herstel na byvoorbeeld ‘n siekte, ‘n operasie of ongeluk. Pasiënte van alle ouderdom is welkom. Ook ouer garde wat nog selfversorgend is.

Els Medsorg in Strydomstraat 62, Buyscelia, Midvaal, bestaan al 26 jaar. Dit het destyds begin met Roulé van de Vyver wat haar tannie wat kanker gehad het, self versorg het. Toe Cansa die uitstekende diens sien wat Roulé aan haar tannie gelewer het, het hulle nog pasiënte na haar begin stuur. Pasiënte is eers in Roulé se huis versorg, maar die aanvraag vir versorging was so groot dat ‘n groter perseel bekom moes word, waar Els Medsorg tot vandag toe bedryf word.

Die instansie kan 50 pasiënte by Els Medsorg se hoofkliniek huisves en het ook ‘n gesellige huis wat 11 selfversorgende bejaardes kan inneem. Els Medsorg het tans 22 personeellede wat die eienaars, adminpersoneel, susters, verpleegsters, kombuis- en tuinpersoneel insluit. Van die personeel is al meer as 14 jaar (die langste is 18 jaar) in Els Medsorg se diens en sommige pasiënte woon al meer as 20 jaar hier!

Els Med se versorging en/of inwoning sluit onder andere in:

* Gekwalifiseerde verpleegpersoneel (Die personeel bly op die perseel en is 24 uur per dag beskikbaar).

* Gebalanseerde etes per dag.

* Dokter besoek soos nodig.

* Staatspasiënte se medikasie word namens hulle afgehaal by ‘n hospitaal.

* Wasgoed word op die perseel gewas.

Die personeel is vriendelik en baie behulpsaam en omdat hulle op die perseel woon, word Els Med nie geaffekteer deur bv. stakings nie. Die atmosfeer is huislik en pasiënte word toegelaat om hul eie stempel in hul kamers af te druk. Els Med word ook nie geaffekteer deur beurtkrag nie. Danksy hul kragopwekkers kan sulke onderbrekings met min moeite hanteer word.

Daar is begrip daarvoor dat dit moeilik vir werkende mense is om net in vaste besoek-ure by hul geliefdes te kom kuier, dus is besoekers enige tyd van die dag welkom.

 

Kontak Els Med by (016) 424 2200 om meer oor hul dienste uit te vind, of ‘n afspraak te reël om self te kom kyk.

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button