VANDERBIJLPARK – Die gesogte Sedibeng Premierliga (SPL) wat op op 1 November afskop het nog meer aanlokliker geraak met A-Sec Alarms en Integrated Security Solutions wat geld note vir grenshou verruil.
Maar daar is ‘n catch. Die grenshoue moet deur A-Sec se baniere in hulle teikenarea deur vlieg of rol. Elke grenshou wat tussen die banier beweeg verdien die kolwer wat die hou gespeel het R100.
A-Sec loof ook ‘n kontant prys van R250 uit vir die Speler van die Wedstryd van elke kragmeting. Dis beslis iets om voor te woeker. Die toernooi vind tussen 1 en 14 November op die HS Overvaal en HS Transvalia se velde plaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
