Local newsNews

Midvaal strewe na NOG beter dienslewering

Raadsheer Phil Pretorius gee meer insae in die werksaamhede van dié uitblinker-munisipaliteit

Deur Phil C. Pretorius, Raadsheer en Hoofsweep, Midvaal Munisipaliteit

Dienslewering in munisipaliteite is op almal se lippe. Dit is immers waarvoor ons ons erfbelasting getrou betaal. In die woorde van ons Midvaal-burgemeester, raadsheer Peter Teixeira: “As ons inwoners nie die die skoon oudit kan SIEN in hulle dienslewering nie, beteken dit vir hulle niks.” Daarmee bedoel hy dat die feit dat die munisipaliteit se finansies in puik kondisie is en uitstekend bestuur word nie noodwendig deurvloei na die sigbare dienslewering in die strate nie. Dit is ook so dat inwoners slegs die puntjie van die ysberg sien as dit by die munisipaliteit se dienste kom en gewoonlik ook slegs die deeltjie waar hulle woon of sosialiseer. Ek gee dus graag meer inligting oor hoe Midvaal vorder met sekere diensleweringsprojekte.

In die Hoofsweep Rapport van 6-10 Maart 2023 het ek belowe om meer inligting te gee oor die nuwe slaggatherstelmasjien wat die raad ondersoek. Na demonstrasies (sien artikel op Midvaal Service Delivery Report Facebook-blad) het Midvaal besluit om die Pro-Phalt Infra Red Road Repair System in te huur vir ‘n spesifieke periode om die effektiwiteit daarvan te toets. Hierdie slaggathersteltegnologie is draagbaar en beteken dat die koue slaggatvulproses nou omgeskakel word na ‘n veel beter verhitte proses waar die nuwe asfalt (teer) in die bestaande pad rondom die slaggat ingesmelt word. Daar is dus na die slaggatherstelproses geen naat waar die pad weer kan kraak of water kan inlek nie. Nie net sal die proses die kwaliteit van die herstelwerk verbeter nie maar ook die spoed van die herstelproses aanhelp.

Gedurende die laaste 26 dae is daar in Midvaal 1 370.1 m2 slaggate herstel. ‘n Totaal van 18km se grondpaaie is geskraap waarvan Wilgestraat in Helderstrome totaal oorgebou is. 233 stormwaterdreine is skoongemaak, 30 diepdreine is herstel en 20 stroke randstene is in Midvaal herstel. 42 entiteite (interseksie/stroke/gedeeltes) se padtekens is geverf, agt sokkervelde is geskraap en 7,86km se paaie en randstene is met die hand skoongemaak nadat dit met onkruiddoder behandel is.

Die verkeersafdelinge het bo en behalwe vir hulle normale oggend- en aandpuntdienste asook uitroep vir noodgevalle, ook 1 202 verkeersboetes in die laaste vier weke uitgeskryf vir o.a. verontagsaming van stoptekens, onpadvaardige voertuie en vir baanverwisseling in aankomende verkeer om spoedhobbels te mis.

Midvaal Brandweer het gereageer op 59 insidente in die laaste 26 dae waarvan die reaksietyd vir 100% van hulle binne DRIE MINUTE plaasgevind het.

Meld asb. enige probleme op ons MyMidvaalApp aan of by ons Kliëntedienslyn by 087 106 2471. Volg dan op by jou wyksraadslid met die verwysingsnommer wat deur die toepassing of dienslyn verskaf word.

Midvaal strewe steeds na beter dienslewering en bly altyd TROTS MIDVAAL.

Groete, Phil.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

 

Raadsheer Phil Pretorius

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button