Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Vaalweekblad is weer vanaf 5 April te koop. Kyk hier wat jul te wagte kan wees uit my pen.
Groot dinge gebeur hierdie week. Daar is ‘n langnaweek wat wag en hierdie is die laaste week wat Vaalweekblad op ‘n Woensdag te koop sal wees.
Vanaf volgende week sal Vaalweekblad op Vrydae op die rakke verskyn. Ek sal jul weer volgende week herinner.
Terug by die uitgawe van 5 April.
Lees meer op bl. 4 oor Pamela Pieters en al die mooie kuns, van ligte tot by handgemaakte teddiebere, wat haar besig hou.
Dan het ek en Gerda Janssen kopstukke gesels oor die lewe. Lees meer oor die skooljuffrou met ‘n hart van suiwer goud en ‘n aansteeklike glimlag op bl. 9.
In my rubriek, Ek sê maar net…, sukkel ek met woordsomme en die klas van hoofpyne. Meer op bl. 12.
Ons is baie trots op Leroi le Roux wat sommer twee medaljes tydens sy eerste Suid-Afrikaanse atletiek kampioenskappe vir persone met gestremdhede verower het!
Lees die en vele ander stories in die week se Vaalweekblad.
Groete van huis tot huis.
